Podcasts · Fiction

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Maroela Media

60 episodes · in order

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis. Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word. Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip. Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.

Episodes page 2 of 2

  1. Die bankroof – Episode 51

    · 11 min · S1 E51

    Juliana het genoeg gehad van haar vennoot met sy “breinfloutes”. Hy ontgeld dit. Die foto’s wat Nettie in Philip se kelderverdieping geneem het, kom nou na vore. Shirley word na Kaapstad ontbied vir ʼn belangrike…

  2. Die bankroof – Episode 52

    · 11 min · S1 E52

    Shirley se missie in Kaapstad, om met Gert Greef in die gevangenis te praat, mag alleen gebeur sonder dat Rachel by is. Die missie en gesprek lewer ʼn rits skokke op.

  3. Die bankroof – Episode 53

    · 11 min · S1 E53

    Die kaptein stap ongenooid by Philip se Voorsitterskantoor in en ontstel hom met drie dringende sake. Waaroor gons dit skielik op die dorp en laat al wat ʼn joernalis is na net een spesifieke plek jaag?

  4. Die bankroof – Episode 54

    · 12 min · S1 E54

    Shirley is ontsteld en Vincent probeer help, maar daar’s ʼn gekonkel. Vincent hoor ontstellende nuus wat hom noodsaak om te ry en die feite te gaan verifieer.

  5. Die bankroof – Episode 55

    · 12 min · S1 E55

    Magriet sukkel om te verduidelik hoekom sy na Voorsitter Philip Putter se kantoor toe is om aan die leeu se baard te gaan vat. Vincent is nie verniet onrustig nie. Hy kry ʼn besoek wat hom laat skrik. ʼn Skokkende…

  6. Die bankroof – Episode 56

    · 11 min · S1 E56

    Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van die…

  7. Die bankroof – Episode 57

    · 12 min · S1 E57

    Dit gons in Maraisburg oor die man in die tronk se vertellings. Nettie loop benoud rond. Die feit dat Magriet los en vas oor die video by die verkeerde plek gepraat het, spook by haar.

  8. Die bankroof – Episode 58

    · 11 min · S1 E58

    Daar is ʼn hand vol naskokke ná die tragiese gebeure in Potpourri. Magriet kom haal Nettie en voel skuldig oor die gebeure. Onverwags word daar links en regs nuwe vennootskappe aangebied.

  9. Die bankroof – Episode 59

    · 11 min · S1 E59

    Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op en gee…

  10. [Slot-episode] Die bankroof – Episode 60

    · 11 min · S1 E60

    Die kaptein se “gutfeel” lei hom na ʼn huis wat Rachel na haar asem laat snak. Twee polisiemotors daag op met ʼn lasbrief om die kaptein by te staan. Die laaste hoofstuk van die bankroof hou ʼn skok of twee in.

Shows are listed from Apple Podcasts' charts and directory, and Podcast Index where it is used. Every show and episode belongs to its publisher and plays from the publisher's own feed; this site hosts none of them. Explicit shows are for adult profiles only, and children’s profiles hear only children’s shows. More about this list.