Podcasts · Twak Praat met Ricus en Hammie
Twak Praat S2 E36 - VAATJIE
· 42 min · S2 E36
Episode Twak Praat S2 E36 - VAATJIE
Van hardeware en IT-stelsels installeer tot een van die bekendste gesigte om die braaivleisvuur! In hierdie episode van Twak Praat kuier Vaatjie van Toks en Tjops saam in die ateljee vir 'n allemintige geselskap oor kos, rugby, flaters en die binnewerkinge van televisie.
Min mense weet dat Vaatjie se loopbaan eintlik in IT begin het waar hy stelsels en hardeware geïnstalleer het (beslis nie programmering nie!). Van daar af het hy by Weber begin werk, wat 'n borg by Toks en Tjops was, en so het sy pad na die kassie oopgegaan.
Vandag is hy al 15 jaar lank betrokke by Toks en Tjops.
Tydens sy tyd daar het hulle hom vir formele kursusse gestuur waar hy sy diploma as sjef voltooi het.In hierdie episode gesels die manne oor:
Die IT-dae: Hoe hy stelsels en hardeware geïnstalleer het voor sy dae voor die kameras.
Die Weber-konneksie: Hoe 'n borgskap hom 15 jaar gelede by Toks en Tjops laat beland het.
Diploma-sjef: Die kursusse wat hy deurloop het om amptelik as sjef te kwalifiseer.Kos en gaste:
Watter disse gemaak word, wie die heel lekkerste eet, en waarom Hamilton en Jannie die meeste van sy kos hou.Kombuis-floppe:
Die foute wat hy al gemaak het en die harde lewenslesse wat hy daaruit geleer het.
Die vreemdste dinge op die kole: Van olifantslurp gaarmaak tot ander baie vreemde goed wat hy al moes braai.
Sy mesversameling: Die staal agter die kos en sy passie vir messe.
Rugby-voorspellings: Ricus wat tans in Australië is en sy voorspelling gemaak het oor wie en wat in die Springbok-span aangaan (en hy was bitter naby!).
Agter die skerms van Toks en Tjops: Wat alles ingaan in die produksie en wat hulle agter die skerms aanvang.Hennies-stories: Vaatjie wat gereeld by Hennies kuier waar hy selfs sy eie vaste sitplek het.Besprekings en navrae: Hamilton@vocalevents.co.za toevallig sy besprekings hanteer.Vir besprekings en navrae vir Vaatjie, kontak vir Hamilton Edward Kleywegt.
'n Woord van ons borg, Virseker:Kry kontant terug in jou sak net omdat jy veilig leef!
As jy jou motor, huis, huisinhoud (of 'n kombinasie hiervan) by Virseker verseker, word die Gatsak-bonus outomaties by jou polis ingesluit.
Bly vir 4 ononderbroke jare eisvry en kry jou hele eerste jaar se premies, of tot 25% van jou totale premies, kontant terug! Dit is uiters kompeterend in die mark, want Virseker staan jou nie net by as dinge skeefloop nie, hulle beloon jou ook as dinge reg verloop.
Kry vandag jou kwotasie by: virseker.co.zaVIRSEKER:Kontak virseker en kry 'n kwotasie vandag:https://www.virseker.co.za/paid-social/?vdn=virtpInstagram: https://www.instagram.com/virseker/Facebook: https://www.facebook.com/VirsekerWebsite: https://www.virseker.co.za/?vdn=wvgbr&gclsrc=aw.ds&gad_source=1&gad_campaignid=1981017029&gbraid=0aaaaad4knn4d7gr53noq7zfswfjbogp5j&gclid=cjwkcajw_kjvbhaheiwanc0n9gxgb3drlnoaxlf8unzeus4u6aglp7getnyzgqljcgvffoffwstixbocn0sqavd_bweCFAO MOBILITY TOYOTA MTHAHA: https://www.cfaomobility.co.za/find-a-dealer/buffalo-toyota-mthathaTWAK PRAAT:Instagram: https://www.instagram.com/twakpraat/Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=61573218172472TikTok: https://www.tiktok.com/@twak.praat
Shows are listed from Apple Podcasts' charts and directory, and Podcast Index where it is used. Every show and episode belongs to its publisher and plays from the publisher's own feed; this site hosts none of them. Explicit shows are for adult profiles only, and children’s profiles hear only children’s shows. More about this list.