Podcasts · True Crime

Huisgenoot Ware Lewensdramas

Huisgenoot

42 episodes

Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.

Episodes

  1. Episode 42: Haar stiefpa, haar moordenaar

    · 30 min

    Anisha van Niekerk se ontbinde liggaam is in ’n veld naby Bronkhorstspruit gevind en toe word haar stiefpa vasgetrek.

  2. Episode 41: Lauren Dickason vermoor haar drie dogtertjies

    · 34 min

    Lauren Dickason het haar drie kinders vermoor nadat die gesin na Nieu-Seeland verhuis het – en toe ontvou 'n tragiese verhaal in die hof

  3. Episode 40: Die diamantsmous Louis Liebenberg

    · 33 min

    Sakeman, smous, skelm – dit als is hy al genoem. Die vreemde verhaal van 'n omstrede diamanthandelaar

  4. Episode 39: Die reeksmoordenaars Shaun Oosthuizen en John du Plooy

    · 34 min

    Hulle het kwesbare bejaardes landwyd aangeval, beroof en vermoor

  5. Episode 38: Aangeneem, toe vermoor hy sy ouers

    · 33 min

    Barnie en Magda van Heerden het Ruan kleintyd aangeneem, maar toe draai hy later teen hulle.

  6. Episode 37: Die ontvoering van Gerco van Deventer

    · 32 min

    Hy was sewe jaar lank weg nadat hy in Libië ontvoer is – en sy vrou het bly wag vir hom

  7. Episode 36: 'n Slikramp vernietig die dorpie Jagersfontein

    · 30 min

    Dit was soos iets uit 'n rampfliek toe slik die plattelandse dorpie Jagersfontein insluk.

  8. Episode 35: Boksburg se aspoestertjie steel 'n halfmiljard rand

    · 30 min

    Hildegard Steenkamp is vasgetrek nadat sy 'n berg geld by die werk gesteel het en alte luuks daarmee kon leef.

  9. Episode 34: Die polisieman Richard "Makka" Smith jag sy lewensmaat

    · 30 min

    Hul verhouding is gekenmerk deur besitlikheid en jaloesie, en toe vermoor die polisieman sy lewensmaat.

  10. Episode 33: Die vergassing van die paartjie Mari Hoon en Jéan Vosloo

    · 30 min

    Die jong verloofdes Mari Hoon en Jéan Vosloo is vergas tydens 'n romantiese wegbreeknaweek.

  11. Episode 32: Die skokmoord van ds. Liezel de Jager

    · 30 min

    Die geliefde predikant Liezel de Jager is buite die pastorie vermoor – en toe kom haar man se geheime op die lappe.

  12. Episode 31: Die sluipmoord op Kiernan "AKA" Forbes

    · 30 min

    Kiernan Forbes, oftewel AKA, was een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante toe hy op straat doodgeskiet is.

  13. Episode 30: Die gesinsmoord deur Karl Greyvensteyn

    · 30 min

    Wanneer Karl Greyvensteyn se ouers en broer in hulle beddens doodgeskiet word, dui alle bewyse na hom. Karl word wel deur kennisse as 'n patologiese leuenaar beskryfen dit kompliseer die ondersoek.

  14. Episode 29: Die gruwels van reeks-verkragter en moordenaar Johannes Britz

    · 30 min

    Ongelukkig was Johannes Britz tot op sy laaste oomblikke vir menigte vrouens ’n nagmerrie van ‘n man.

  15. Episode 28: Die gastenkwa-tragedie in Boksburg

    · 30 min

    Op Oukersdag 2022, is talle Suid-Afrikaners se lewens onherroeplik verander toe 'n gastenkwa in Boksburg ontplof het. 41 mense het as gevolg van die tragedie hulle lewens verloor.

  16. Episode 27: Die raaisel oor die Willem Kruger se dood

    · 30 min

    Willem Kruger se skielike verdwyning na ‘n vrolike kuiery het die hele land se aandag aangegryp. Wanneer sy voertuig later in die Vaalrivier ontdek word, is daar skielik baie meer vraagtekens as antwoorde en gerugte…

  17. Episode 26: Die moord van Charl Munnik deur diamantdiewe

    · 31 min

    Dit was ’n juweeldiefstal soos uit ’n rolprent, maar toe die skote begin klap lei dit tot die dood van ’n geliefde Worcester-juwelier.

  18. Episode 25: Naamgenote, pa en seun, én albei vermoor hul vroue...

    · 28 min

    Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.

  19. Episode 24: Die tragiese dood van die bokskampioen Leighandre "Baby Lee" Jegels

    · 33 min

    Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel –…

  20. Episode 23: Phoenix Racing Cloud Theron vermoor haar ma

    · 34 min

    Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.

  21. Episode 22: Die wrede kindermoord van Poppie van der Merwe

    · 32 min

    Toe die 3-jarige Poppie van der Merwe ná maande se marteling en mishandeling deur haar stiefpa doodgeskop is, was die vraag op almal se lippe: Hoekom het haar ma haar nie beskerm nie?

  22. Episode 21: Die bylmoord van Sonia Schwarz

    · 31 min

    Het Dave Schwarz se traumatiese grootwordjare daartoe bygedra om hom in Oktober 1997 oor die rand te dryf toe hy vir Sonia, sy vrou en die ma van sy twee kinders, doodgemaak het?

  23. Episode 20: Die moord op kankerlyer Debbie Venter

    · 36 min

    In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.

  24. Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar suster

    · 33 min

    Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in…

  25. Episode 18: Huurmoord op Pofadder

    · 33 min

    Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.

  26. Episode 17: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleeg

    · 30 min

    Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .

  27. Episode 16: Die ‘teregstelling’ van Brett Goldin en Richard Bloom

    · 31 min

    Die een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom.

  28. Episode 15: Die tragedie en wonderwerk van ’n longoorplanting

    · 33 min

    Nadat een ma se seun dood is, het ’n ander ma se seun sy longe ontvang. Nou deel die twee ma’s hul lief en leed as hegte vriendinne.

  29. Episode 14: Die saak van Jannie Beukes

    · 29 min

    Toe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe…

  30. Episode 13: Terreur in Palma

    · 29 min

    Vroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander.

  31. Episode 12: Die sluipmoord van Anton Lubowski

    · 32 min

    Op 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord.

  32. Episode 11: Die Sizzlers-slagting

    · 30 min

    Een aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika.

  33. Episode 10: Die raaiselagtige sterftes in ’n Pretoria-spoghuis

    · 31 min

    Drie kollegas van ’n bekende eiendomsmaatskappy in Pretoria se lyke is een Apriloggend in 2021 in ’n luukse huis in Menlopark aangetref. Die raaiselagtige omstandighede het mense laat gons oor die oorsaak van hul dood.

  34. Episode 9: Die Sondagverkragter

    · 30 min

    Jaco Steyn het tussen 2008 en 2011 ’n skrikbewind in Gauteng en Noordwes gevoer deur meisies te ontvoer en te verkrag.

  35. Episode 8: Die Knysna-brand

    · 31 min

    Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.

  36. Episode 7: Die moord op Anni Dewani

    · 32 min

    Die beweerde mislukte kaping wat die lewe van die pragtige bruid in Suid-Afrika geëis het, het skokgolwe wêreldwyd laat eggo. Vingers het na haar Britse bruidegom gewys as die meesterbrein agter die moord, maar dit is…

  37. Episode 6: Die saak van Retief Liebenberg

    · 31 min

    Ná 'n onderonsie by hul huis in Benoni skiet Retief Liebenberg uit selfverdediging sy dogter se kêrel en dié se pa dood.

  38. Episode 5: Die verhaal van Manda Reyneke en Deon Helberg

    · 31 min

    Sy was die ouer vrou met ’n obsessie – toe probeer sy die jong rugbyspeler uit die weg ruim.

  39. Episode 4: Die Laingsburg-vloed

    · 32 min

    Op 25 Januarie 1981 het vloedwater feitlik die hele Laingsburg in puin gelê.

  40. Episode 3: Die saak van Flippie Venter

    · 30 min

    Flippie Venter het die ondenkbare gedoen: hy het sy twee jong kinders met 'n R4-aanvalsgeweer afgemaai.

  41. Episode 2: Die tsoenami in Oos-Asië

    · 31 min

    Duisende het gesterf en derduisende lewens is ingrypend verander toe 'n tsoenami op 26 Desember 2004 Thailand getref het.

  42. Episode 1: Die moord op Marike de Klerk

    · 32 min

    Kort voor middernag Sondag 2 Desember 2001 stuur Marike de Klerk ’n faks aan ’n vriendin. Dit sou haar laaste boodskap wees . . ,

Shows are listed from Apple Podcasts' charts and directory, and Podcast Index where it is used. Every show and episode belongs to its publisher and plays from the publisher's own feed; this site hosts none of them. Explicit shows are for adult profiles only, and children’s profiles hear only children’s shows. More about this list.