# Die Troue in Kana - Afrikaanse Bybelstories

An episode of [Storiebeer Stories](https://invisiblenetwork.ai/podcast/1763672990), 17 Aug 2025, 5:01.

Audio: https://anchor.fm/s/1dd52e5c/podcast/play/106657521/https%3A%2F%2Fd3ctxlq1ktw2nl.cloudfront.net%2Fstaging%2F2025-7-9%2Fbec0a4da-b210-2195-39f2-64c90c57ddb3.mp3

Kom luister na Die Bruilof in Kana – die eerste wonderwerk van Jesus! In hierdie hartverwarmende Afrikaanse kinderstorie raak die wyn by ’n troue op, en Jesus verander water in die beste wyn. Kleuters en hul ouers leer saam dat Jesus omgee vir ons probleme, groot én klein, en dat Hy vreugde bring. ’n Sagte, geloofsversterkende storie oor gehoorsaamheid, vertroue en God se krag wat gewone dinge besonders maak. Perfek vir rustige gesinsluistertyd. Luister op ons Storiebeer YouTube-kanaal en Podcast-kanaal. Teken in vir nog Afrikaanse stories vol avontuur, lewenslesse en verbeelding. Klik op Subscribe en word deel van ons Storiebeer-gemeenskap! #Storiebeer #AfrikaanseBybelstories #AfrikaanseStories #KindersStories #DieBruilofInKana #JesusSeWonderwerke #Storiebeer #AfrikaanseYouTubeKanaal #AfrikaansePodcast #BybelStoriesVirKinders #KleuterStories #GesinsTyd #LewenslesseVirKinders #GeloofEnVreugde #AfrikaanseKindersBoeke

## Transcript

[0:01] 1 2 3. Rustig welkom by nog 'n storie
[0:07] beur storie luister lekker saam. Die troue in kana.
[0:18] In 'n klein dorpie met die naam kana in die gebied van gallia
[0:23] was daar 'n groot fees aan die gang 2 mense het getrou en almal
[0:29] was baie opgewonde. In daardie tyd het troues baie
[0:34] dae geduur. Selfs soms 'n hele week lank.
[0:40] Daar was baie kos en dinge om te drink.
[0:43] Musiek. En tyd om te dans.
[0:47] En almal het die geleentheid baie geniet.
[0:51] Jesus en sy ma maria. Was ook na die troue genooi.
[0:56] Jesus.se dissipels die spesiale vriende wat hy gekies het om hom
[1:00] te volg, was ook daar. Hulle het almal saam ge eet en
[1:05] gesels en die fees geniet. Maar toe gebeur daar iets.
[1:10] Wat 'n verleentheid was. Die gasheer van die fees het
[1:15] agtergekom dat die wyn opgeraak het.
[1:18] En in daardie tyd was dit 'n groot skande as die kos of drank
[1:23] by 'n fees opraak. Die gasheer sou baie skaam voel
[1:28] en die gaste sou dink dat hy nie goed voorberei het nie.
[1:33] Maria het agtergekom wat gebeur het.
[1:36] Sy het na jesus toe gegaan en saggies vir hom gese.
[1:39] Hulle het nie meer wyn nie. Jesus het geantwoord, vrou.
[1:45] Wat het ek met u te doen? My tyd het nog nie gekom nie.
[1:50] Jesus.se antwoord mag vir ons vreemd klink.
[1:53] Maar hy was nie onbeskof teen sy ma nie.
[1:56] Hy het net vir haar gese dat hy volgensgod.se tyd plan moes
[2:00] werk. Nie volgensmense.se verwagtinge
[2:03] nie. Maar maria het geweet dat jesus
[2:06] sou help. Sy het vir die dienaars gese.
[2:10] Net wat hy vir julle.se. Moet julle doen?
[2:14] Naby die plek waar hulle was het 6 groot klip waterkanne gestaan.
[2:20] Hierdie kanne is gebruik vir die joodse reiniging.
[2:24] Mense het die water gebruik om hul hande en voete te was
[2:27] voordat hulle ge eet het of na die tempel gegaan het.
[2:31] Elke kan kon tussen 75 en 115 liter water hou.
[2:36] Dit is baie water. Jesus het vir die dienaars gese
[2:41] maak die waterkanne vol water. Die dienaars het gedoen wat
[2:47] jesus gese het hulle het kan dit tot bo toe volgemaak met water.
[2:52] Toe het jesus vir hulle gese. Skep nou daar uit en neem dit na
[2:56] die seremonie meester. Die seremonie meester was die
[3:00] persoon wat in beheer was van die fees.
[3:02] Hy moes seker maak dat alles glad verloop en dat al die gaste
[3:07] gelukkig was. Die dienaars het gedoen wat
[3:10] jesus gese het. Hulle het van die water geskep
[3:13] en dit na die seremonie meester geneem.
[3:16] Maar toe die seremonie meester proe was dit nie meer water nie.
[3:20] Dit was wyn en nie sommer enige wyn nie, maar die beste wyn wat
[3:25] hy nog ooit geproe het. Die seremonie meester het nie
[3:28] geweet waar die wyn vandaan gekom het nie.
[3:31] Net die dienaars wat die water geskep het, het geweet wat
[3:34] gebeur het. Die seremonie meester het die
[3:37] bruidegom geroep en vir hom gese.
[3:40] Elke mens sit eers die goeie wyn voor en wanneer hulle goed
[3:44] gedrink het dan die swakker wyn. Maar jy het die goeie wyn tot
[3:48] nou toe gehou. Dit was die eerste wonderwerk
[3:52] wat jesus gedoen het. Hy het water in wyn verander.
[3:57] En deur hierdie wonderwerk het jesus sy heerlikheid geopenbaar.
[4:01] Hy het gewys dat hy werklik die seun van god was met die krag om
[4:05] wonderwerke te doen. En sy dissipels het in hom
[4:09] geglo. Hierdie wonderwerk wys vir ons
[4:12] baie dinge oor jesus. Dit wys dat hy omgee vir
[4:16] mense.se probleme, selfs die klein probleme soos 'n tekort
[4:20] aan wyn by 'n fees. Dit wys dat hy die krag het om
[4:24] gewone dinge soos water verander in iets besonders.
[4:29] En dit wys dat jesus vreugde bring.
[4:31] Hy het die fees gered en almal gelukkig gemaak.
[4:36] Onthou dat jesus omgee vir al ons probleme groot en klein.
[4:41] Hy kan gewone dinge in ons lewens verander in iets
[4:43] besonders. En hy wil het dat ons lewens vol
[4:47] vreugde moet wees, net soos hy vreugde gebring het na daardie
[4:51] bruilofsfees lank lank gelede. Fluit fluit.
[4:57] My storie is uit.

Shows are listed from Apple Podcasts' charts and directory, and Podcast Index where it is used. Every show and episode belongs to its publisher and plays from the publisher's own feed; this site hosts none of them.
